Russe groet Gorbachev, maar geen staatsbegrafnis

Russiese burgers is tans besig om in Moskou afskeid te neem van die laaste President van die Sowjet-unie, Mikhail Gorbachev, maar nie tydens ‘n staatsbegrafnis nie. Russiese President Vladimir Putin het ook nie die begrafnis bygewoon van Gorbachev, wat Dinsdag in die ouderdom van 91 gesterf het nie. Die woordvoerder van die Kremlin, Dmitri Peskov, het gesê die begrafnis het wel “elemente” van ‘n staatsbegrafnis, soos ‘n erewag en die staat het gehelp om dit te reël. Baie buitelandse leiers kon nie die begrafnis bywoon nie, wat tans toegang geweier word weens die Weste se sanksies weens die Russiese inval in die Oekraïne. Gorbachev se begrafnis is in sterk kontrak met dié van Boris Yeltsin, die eerste President van die Russiese Federasie, wat Gorbachev opgevolg het.