Richelieu Eagles verloor hul derde T20-wedstryd

Die Richelieu Eagles  het hul derde T20-wedstryd met agt paaltjies teen die Lahore Qalanders in die 19de boulbeurt verloor met 7 balle oor. Die Eagles het eerste gekolf en 155 lopies vir die verlies van ses paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken. Die Qalanders het teruggeantwoord met 158 lopies met die verlies van twee paaltjies. Die span se bouler Dilbar Hussain wat vier paaltjies geneem het, is as speler van die wedstryd aangewys. Vanmiddag om halfdrie kom die Richelieu Eagles weer teen die DP World Lions te staan.