Teen-korrupsie Kommissie loof Napha

Die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië sê hy kan nie alleen teen korrupsie veg nie. Die reaksie volg na die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, ‘n beroep op sy lede gedoen het om korrupsie te beveg. Napha sê daar is ‘n oorvloed tenders beskikbaar in kommunale bewaringsgebiede, wat ‘n wonderlike geleentheid is om buitelandse beleggers te lok wat daarin belangstel om hul finansies op ‘n bewarings-vriendelike manier te laat groei. In ‘n poging om Napha se deel te doen om Namibië ‘n meer beleggers-vriendelike land te maak, doen Napha ‘n beroep op sy lede om die Teenkorrupsiewet na te kom, en te help deur die Teen-korrupsie Kommissie in te lig van enige individue wat hulself skuldig maak aan oortredings. Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teen-korrupsie Kommissie loof Napha vir sy rol in die stryd teen korrupsie.