Russe wil laboratorium op Leonard-plaas oprig

Nieteenstaande die feit dat Uranium One se waterpermitte steeds nie deur die ministerie hernu is nadat dit onttrek is oor oortredings, boer die Russe vooruit. EcoWise-omgewingskonsultante adverteer dat alle partye en belanghebbendes moet registreer vir ‘n nuwe omgewingsimpakstudie vir die oprigting van ‘n laboratorium op plaas Tripoli, waar Uranium One, onder sy plaaslike maatskappy Headsprings Investments, se bedrywighede in die Stampriet-bekken gesetel is. Partye wat geraak word het tot 19 Oktober om te registreer.