Airlink koop 40% van FlyNamibia

Die Suid-Afrikaanse redery Airlink het ‘n 40 persent aandeel in FlyNamibia opgeneem, wat FlyNamibia se bestemmings wyd sal uitbrei. Airlink sal ook tegniese ondersteuning, operasionele bystand sowel as kommersiële opleiding aan FlyNamibia plaaslik bied. FlyNamibia se uitvoerende hoof, Andre Compion het vanoggend die aankondiging gemaak. 

En Roger Foster, Airlink se uitvoerende hoof sê Namibië is ‘n wonderlike geleentheid en sal bydra om ‘n volhoubare streekslugvaartbedryf te bou.