Musk se eie studies toon daar’s nie baie fop-rekenings op Twitter nie

Elon Musk se eie data-wetenskaplikes kon nie baie robot-rekenings op Twitter vind nie. Dit is volgens regslui vir die sosiale media-maatskappy. Hulle sê Musk het, toe hy die transaksie ter waarde van 44 miljard Amerikaanse dollar kanselleer, gesê maatskappye wat hy aangestel het om ondersoek na die saak in te stel, bevind het dat 11 persent van die rekenings op die platform of vals is, of deur robotte geplaas word. Nog ‘n maatskappy het bevinding 5,3 persent van rekenings is robot-rekenings. Dit verskil baie van Musk se skattings van 20 persent of meer, sowel as sy kommentaar dat Twitter gelieg het toe daar bevestig was dat robot-rekenings ongeveer 5 persent van die totaal beslaan. Twitter daag Musk in die hof uit om die koop-ooreenkoms na te kom.