Russe sê hulle het bewyse dat Brittanje by Swart-see aanval betrokke was

Die Russiese ambassadeur in die Verenigde Koninkryk Andrei Kelin het weer bevestig dat die Kremlin van inligting beskik wat toon dat Brittanje betrokke was by die aanval in die Swart-see gebied op Russiese teikens. Kelin sê bewyse sal binnekort bekend gemaak word.