Kavango Oos se veldbrande, daar’s nie infrastruktuur vir bestryding nie

Namibië het sedert die begin van die veldbrandseisoen wat jaarliks van April tot Desember plaasvind wanneer die plantegroei droog is, reeds gesteier onder veldbrande. Voor die reënseisoen begin het, het Namibië reeds erge veldbrande gehad wat duisende hektaar weiding en infrastruktuur verwoes en die lewens van wild en vee geëis het. Kosmos 94.1 Nuus het aan die goewerneur van die Kavango Oos-streek, Bonifasius Wakudumo, gevra hoe die brandsituasie is en of hulle dit kan bestuur. Hy erken dat die streek nie die infastruktuur het om brande te blus nie.