Russe mag nie Chanel koop nie…

Hulle noem dit Russiese-fobie. Verskeie Russiese sosiale media persoonlikhede, in moderne terme bekend as ‘beïnvloeders’ sê hulle word die aankoop van Chanel-items in plekke soos Dubai geweier. Volgens berigte is hul meegedeel dat dit die handelsmerk se beleid is om nie sy produkte aan Russiese klante te verkoop nie. Dit sluit al Chanel se produkte in. Een het op haar Instagram-rekening gesê sy moes ‘n dokument onderteken dat sy in Dubai woonagtig is, wat sy is, en dat sy nie die produkte na Rusland toe sal vat nie, sou sy daarheen reis. Interessant genoeg, was Coco Chanel ‘n spioen vir die Nazi’s en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die Duitse mag se oorname van Madrid tydens die Tweede Wêreldoorlog.