Russe en Oekraïne veg by soutmyn-dorp

Rusland sê sy magte is ʼn stappie nader daaraan om ʼn soutmyn-dorp in die ooste van Oekraïne te verower. Indien hulle Soledar inneem sou dit ʼn ontwykende oorwinning vir Rusland beteken maar moontlik gepaard gaan met swaar verliese aan Russiese kant. Volgens Oekraïne is meer as 100 Russiese troepe die afgelope dag of twee in die stryd om Soledar dood. Die goewerneur van Oekraïne in Donetsk, Pavlo Kyrylenko, sê die Russe het letterlik bo-oor die liggame van hulle eie soldate opgeruk en alles in hulle pad verbrand.