Skud jou sak vir komediant  

Die veelbekroonde komediant en akteur, Kevin Hart, het nog ‘n datum by sy toer na Suid-Afrika gevoeg. Sy veelbesproke vertoning, Reality Check, sou aanvanklik net een aand plaasvind, maar is weens aanvraag na twee en nou drie vertonings uitgebrei. Al die vertonings vind op die 17, 18 en 19 Februarie by die SunBet Arena in Pretoria plaas. BBP-pakkette wissel van 5 050 Suid-Afrikaanse rand tot 17 820. Hart se volgelinge doen op sosiale media ‘n beroep op die komediant om ook in ander dele van die land op te tree.