Wes-Kaapse premier teleurgesteld in kragtariewe

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde het sy teleurstelling uitgespreek oor die besluit van die Nasionale Energiere-guleerder van Suid-Afrika om aan Eskom ʼn tariefverhoging van 18,65 persent toe te staan. Volgens Winde is dit nog ʼn harde slag vir burgers wat reeds onder druk is en nie alternatiewe reëlings kan tref nie en op hierdie noodsaaklike diens staat maak. Die premier onderneem om te verseker die provinsie word onafhanklik van Eskom en om energie-onafhanklik te wees.