Russe bly hoopvol na Calle nee sê vir eksplorasie by Stampriet

Headsprings Investment, die plaaslike maatskappy van die Russiese Uranium One-maatskappy, sê hy bly hoopvol dat die drie betrokke ministeries, naamlik water, omgewing en myne, ooreen kan kom oor die pad vorentoe om te verseker dat uraan-ontginning in die Stampriet-bekken, wat ‘n belegging van miljarde Namibiese dollar verteenwoordig, kan voortgaan tot voordeel van Namibië. Dit volg na landbou en water minister Calle Schlettwein die week gesê het dat om die gehalte van grondwaterbronne te beskerm, is die beleidstandpunt dat geen mineraaleksplorasie-boor- en in-situ-logingsaktiwiteite in enige akwifer sal plaasvind nie. Hy het spesifiek melding gemaak van die eksplorasiewerk naby Leonardville. Die maatskappy boor op die oomblik nie omdat hy op nuwe permitte van Schlettwein se ministerie wag. Riaan van Rooyen, woordvoerder van Uranium One, sê Schlettwein se aanmerkings is teleurstellend aangesien die maatskappy alle prosedures gevolg het en alle lisensies en sertifikate is wettig bekom. Hy sê dit blyk duidelik dat daar baie grys areas tussen die ministeries is.