Klusener laat Zim in die steek

Met die T20-Wêreldbeker wat volgende naweek in Australië begin het die Suid-Afrikaanse voormalige veelsydige speler, Lance Klusener, bedank as Zimbabwe se kolf-afrigter. Klusener het hom in Maart weer by die afrigtingspan aangesluit, na hy voorheen as hulle kolfafrigter tussen 2016 en 2018 gedien het. Zimbabwe is saam met Wes-Indië, Ierland en Skotland deel van Groep-B in die eerste ronde van die Wêreldbeker. Hulle eerste wedstryd is teen Ierland op 17 Oktober.