Lesufi se raad inspireer nie – ActionSA

ActionSA in Gauteng sê die on-inspirerende veranderings wat die nuutverkose premier Panyaza Lesufi aan sy uitvoerende raad aangebring het, dui aan die ANC is daarop uit om die geldkoffers te gebruik. Dit word oënskynlik gedoen terwyl ‘n verbintenis tot dienslewering vir die provinsie se mees kwesbares laat vaar is. Slegs twee voormalige LUR’e is verwyder en sewe is herskommel in Lesufi se uitvoerende raad. Bongani Baloyi van ActionSA sê die uitvoerende komitee is vergroot om Lesufi se makkers te beloon, wat die belastingbetaler miljoene in bykomende salarisse en verbroude projekte gaan kos: