Rusland wou nie oor Paul Whelan onderhandel nie – Blinken

Terwyl daar groot blydskap is dat die Amerikaanse basketbalster, Brittney Griner, op pad huis toe is, is daar ook kritiek omdat Paul Whelan, wat in 2020 op klagtes van spioenasie ‘n 16 jaar vonnis in Rusland opgelê is, steeds nie uitgeruil is nie. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken sê Rusland wou nie oor Whelan onderhandel nie.