Putin onderneem om aan te hou om energie-infrastruktuur aan te val

Die Russiese president, Vladimir Putin, sê hy sal voortgaan om Oekraïne se energie-infrastruktuur aan te val. Dit volg ten spyte van wêreldwye kritiek oor aanvalle wat miljoene mense aan die begin van die winter sonder elektrisiteit en water gelaat het. Moskou word beskuldig dat sy aanvalle op Oekraïne se energiestelsels en infrastruktuur neerkom op oorlogsmisdade. Putin beskuldig die Weste dat hy stilbly oor die uitdagings wat sy land in die gesig staar. Oekraïne het nood-kragonderbrekings ingestel om sy kragnetwerk bestendig te maak.