Rusland vertrek Belarus

Rusland en Belarus sal hul gesamentlike militêre oefeninge op 20 Februarie beëindig soos voorheen beplan. Die aankondiging is deur die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, vandag gemaak, na aanleiding van Westerse kommentaar dat daar nie minder troepe in Oos-Europa is nie, maar meer. Lavrov sê daar sal geen verlenging van die oefeninge wees nie. Internasionale nuusagentskappe sê die militêre oefeninge het bygedra tot vrese vir ‘n moontlike Russiese inval in die naburige Oekraïne. Moskou ontken dat hy so aanval beplan het. Die spanning in daardie gebied het die olieprys die hoogte laat inskiet en kan ook die prys van koring beïnvloed.