Outa kap terug na minister se aanmerkings oor paaie

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland sê die vervoerminister, Fikile Mbalula, se verduideliking vir die skokkende en verslegtende toestand van Suid-Afrika se paaie is misleidend en ongegrond. Die minister het vroeër die week in die Parlement die skuld gepak op ‘n gebrek aan E-tol-fondse en onvoldoende fondse om ander paaie in die land te finansier. Outa se woordvoerder, Wayne Duvenage, sê die werklike kwessie het nie betrekking op nasionale paaie en tolroetes nie, maar op provinsiale en plaaslike regeringsvlak: