Rusland val ‘n treinstasie op onafhanklikheidsdag aan

Minstens 22 mense, insluitend ‘n 11-jarige kind, is dood en 50 beseer in ‘n Russiese vuurpylaanval op ‘n Oekraïnse treinstasie. Die aanval het plaasgevind terwyl Oekraïne sy jaarlikse onafhanklikheidsdag gevier het. Die land het hom gestaal teen hewige aanvalle op die nasionale vakansiedag wat sy onafhanklikheidsverklaring van die Sowjet-Unie in 1991 herdenk. Rusland het nie verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. In April is meer as 50 mense in ‘n aanval op ‘n treinstasie dood.