Mashaba het lof vir werkers wat hulle nie deur vakbonde laat mislei nie

ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê hy het begrip vir die lot van baie Suid-Afrikaners, maar hulle probleme gaan nie deur enige een van die drieparty-alliansievennote opgelos word nie. Hy sê die mense het gister die vakverbonde Cosatu en Saftu se poging om die land tot stilstand te bring, verwerp en hy het hulle daarvoor geloof. Mashaba sê die Suid-Afrikaanse arbeidsmag het gekies om vir die land en sy ekonomie op te staan, eerder as om deel te neem aan die politieke drama van die beleërde drieparty-alliansie: