Rusland soek moles – Truss

Die G7-ministers het ‘n streng waarskuwing uitgereik dat Rusland hom ernstige gevolge op die hals gaan haal indien hy die Oekraïne binneval. Internasionale media berig Amerika en sy vennote in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie is bekommerd dat die beweging van Russiese soldate en wapens op die grens met die Oekraïne op ‘n moontlike inval kan dui. Die Verenigde Koninkryk se minister van buitelandse sake, Liz Truss, sê hulle moet hulself kan beskerm teen die toenemende bedreiging van vyandige lande: