Hopenlik hou ons vakansie sonder inperkings – Phaahla

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê hulle bly optimisties dat die buurland die vakansietyd sonder inperkings sal geniet, indien mense voortgaan om Covid-19-protokolle na te kom. Die Nasionale Koronavirusbevelsraad sal na verwagting môre vergader om aanbevelings te maak oor moontlike nuwe inperkings. Die ontdekking van die Omikron-variant het kommer laat ontstaan oor skerp toenames in hospitaalopnames en erge infeksies. Phaahla sê hulle bly bekommerd oor die variant, veral in Gauteng: