Nog ‘n waterbron in SA besoedel

Dit wil voorkom asof Suid-Afrika al hoe meer uitdagings het met besoedeling van kritiese waterbronne. Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap is bekommerd oor berigte dat lewendehawe besig is om te vrek as gevolg van uiters hoë vlakke van E. coli in die varswater-besproeiingskanaal wat vanaf die Oog van Kuruman regdeur die dorp na gemeenskappe en landelike gebiede vloei. Braam van der Westhuizen van die DA sê die Oog van Kuruman is ‘n natuurlike fontein wat daagliks tussen 20 en 30 miljoen liter water aan die dorp lewer: