Rusland is meer verenig as ooit – Putin

Die Russiese President Vladimir Putin sê sy land is meer verenig as ooit tevore. Hy het leiers toegespreek tydens die Sjanghai-samewerkingsorganisasie wat deur die Indiese premier Narendra Modi aangebied is. Dit volg dae nadat Putin die rebellie deur die Wagner-huursoldaatgroep ontlont het. Met verwysing na die uitwerking van die oorlog op Oekraïne, het hy gesê Rusland weerstaan die sanksies en uittarting deur die Weste en hou aan ontwikkel. Die organisasie wat in 2001 gestig is en deur China en Rusland gelei word, sluit ook Indië, Pakistan, Kazakstan, Kirgistan, Tadjikistan en Oesbekistan in.