Mashatile se manne sal ligte straf kry, meen kenner

Dit is ondoeltreffend om op tug- en strafregtelike prosesse staat te maak in sake van mishandeling teen individuele polisiebeamptes. Dis die mening van die Suid-Afrikaanse onafhanklike navorser van polisiëring, David Bruce, wat gereageer het op die voorval waar adjunkpresident Paul Mashatile se lyfwagte motoriste op ‘n Johannesburgse hoofweg aangerand het. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat ondersoek die saak. Bruce sê ‘n mens sou verwag dat hulle afgedank word indien hulle skuldig bevind word. Hy voeg egter by dat die polisie sy lede wat aan aanranding skuldig bevind word, dikwels slegs ligte strawwe oplê.