F1 waarsku oor Britse olie-betogers

Formule Een se hoof, Stefano Domenicali, waarsku omgewingsaktiviste om nie hulle lewens op die spel te plaas met betogings tydens die naweek se Britse Grand Prix nie. Ses Just Stop Oil -aktiviste het tydens verlede jaar se wedren op die baan gehardloop ná ‘n botsing in die eerste ronde. Dieselfde groep het die afgelope maande krieket-, rugby- en snoekerwedstryde asook perdewedrenne ontwrig. Meer as 140 000 toeskouers word Sondag by die wedren in Silverstone verwag. Domenicali sê die sport maak goeie vordering om meer omgewingsvriendelik te wees: