Rusland en VSA gesels blykbaar oor WSJ-joernalis

Rusland en Amerika het die moontlike uitruiling van gevangenes bespreek wat moontlik die Wall Street Journal-verslaggewer, Evan Gershkovich wat in ‘n Russiese tronk is, insluit. Die 31-jarige Gershkovich is in die stad Yekaterinburg gearresteer terwyl hy in Maart op ‘n reis na Moskou was om verslag te doen. Hy staar aanklagte van spioenasie in die gesig. Hy kan uitgeruil word vir Vladimir Dunaev, ‘n Russiese burger wat in Amerika aangehou word op aanklagte van kubermisdaad. Die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov, sê indien die uitruiling plaasvind, sal dit nie in die openbare oog wees nie.