Rusland en China versterk bande

‘n Voorste Russiese sekerheidsbeampte het tydens ‘n besoek aan China verklaar die Kremlin oorweeg dit om sy bande met Beijing te versterk. Daar word berig die sekretaris van die Nasionale Veiligheidsraad, Nikolai Patrushev, beskryf die versterking van die omvattende vennootskap en strategiese samewerking met Beijing as ‘n onvoorwaardelike prioriteit van Rusland se buitelandse beleid. Patrushev het tydens ‘n vergadering met ‘n top-amptenaar van China se Kommunistiese Party, Guo Shengkun, gesê in die huidige omstandighede moet die twee lande selfs groter gereedheid vir wedersydse ondersteuning toon.