Outa kap Eskom se beplande verhoging

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, Outa, sê Eskom se sakebelange kan nie toegelaat word om ekonomiese herstel in gedrang te bring nie. Die organisasie doen ‘n beroep op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika om die kragverskaffer se tariefverhoging vir 2023 te beperk. Eskom het aansoek gedoen om sy tariewe met 32-persent te verhoog. Outa se woordvoerder, Liz McDaid, sê dit lyk asof die kragverskaffer dink hy kan aanspraak maak op geld by elektrisiteits-verbruikers terwyl hy geen diens lewer nie: