Rundu val inmekaar, water weer af, rommel kan nie gehaal word nie

Die wil voorkom asof dienste by Rundu heeltemal uitmekaar uit val. Die dorp se vragmotor wat vullis moet verwyder is reeds vir meer as ‘n maand stukkend. Plaaslike media berig dat strate regoor die dorp vol rommel is met vullishope op die sypaadjies. Intussen is daar reeds drie dae weer nie water op die dorp nie. Rundu ontvang voorafbetaalde water van NamWater as gevolg van uitstaande skuld van meer as 124 miljoen dollar. Maar die dorpsraad het ook toegelaat die inwoners se skuld ophoop tot meer as 300 miljoen dollar. Benjamin Makayi, die woordvoerder van Rundu se dorpsraad, het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor gepraat…