Solidariteit sat vir ANC rasbeleid

Solidariteit in Suid-Afrika sê die ANC-regering moet sy rasse-ideologie laat vaar en mense aanstel op grond van die aansoeker se kennis en ervaring, terwyl ras geheel en al uit die kriteria verwyder moet word. Dit volg nadat die minister van justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, Martin Kroukamp as senior landdros aangestel het. Die gewese minister in dié portefeulje, Jeff Radebe, het Kroukamp se aanstelling in 2009 as senior landdros van Alberton in Gauteng verwerp op grond van sy ras. Die Gelykheidshof het egter in Augustus bevind dat Radebe onregverdig teen Kroukamp gediskrimineer het. Anton van der Bijl van Solidariteit sê dit is absurd dat aanstellings deur ras bepaal word.