Rundu soek firmas om ontspanningsgeriewe by rivieroewer te bestuur

Rundu se dorpsraad nooi hiermee gerespekteerde Namibiese firmas uit om hul voorstelle in te dien vir die huur, instandhouding en bestuur van die Rundu-rivieroewer, bekend as Rundu Beach. Gedetailleerde tegniese en finansiële voorstelle word verwelkom, met inisiatiewe oor hoe om die ontspanningsgeriewe by die rivieroewer die beste in stand te hou en te bestuur. Danny Meyer, direkteur van SME’s Compete, prys die Rundu-dorpsraad vir hierdie stap.