Paul Pogba sluit weer by Juventus aan

Sokker: Die voormalige middelveldspeler van Manchester United, Paul Pogba, het weer by Juventus aangesluit met ‘n gratis oorplasing. Dit volg nadat sy United-kontrak verstryk het nadat die twee partye nie kon ooreenkom oor ‘n nuwe kontrak nie. Juventus sê ondanks sy vertrek keer die 29-jarige terug as ‘n kampioen met die begeerte om onvergeetlike bladsye in klubgeskiedenis te skryf. Pogba het die Serie A-titel twee keer saam met die Italiaanse reus gewen voordat hy in 2016 met ‘n oordrag van 1,5 miljard Namibiese dollar na United geskuif het.