G7-beraad: Virus en klimaatskrisis kry voorkeur

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê die pogings om die korona-viruspandemie en die klimaatkrisis te bekamp, sal volgende maand voorkeur kry op die G7-beraad in Engeland. Die G7-ministers het gister in Londen vergader vir hul eerste gesprekke in dieselfde vertrek in langer as twee jaar. Brittanje beklee tans die roterende presidentskap van die groep, wat ook die Verenigde State, Frankryk, Duitsland, Kanada, Japan en Italië insluit. Blinken sê dit is noodsaaklik om die dringendste wêreldwye bedreigings aan te pak.