Rundu se kinders bedryf handel op afdae

Berigte uit Rundu lui dat skoolgaande kinders op hulle afdae of informele handelaars word of by stortingsterreine rondloop om goed te vind om te herwin of te verkoop. Meeste van die skole het ‘n rotasiestelsel ingebring as gevolg van Covid en daar is dae wat die kinders nie fisies skool bywoon nie. Lede van die gemeenskap het kommer dat die kinders, wat klein verdienste het, moontlik skool kan verlaat. Die streeksdirekteur vir onderwys, Fanuel Kapapero sê dit verantwoordelikheid lê by ouers om te verseker dat kinders hulle skoolwerk doen. Armoede en werkloosheid is ‘n groot uitdaging op Rundu.