Groot kommer oor horing van Afrika

Die Verenigde Nasies se wêreldvoedselprogram sê konflik, Covid-19 en klimaatsverandering veroorsaak chaos in die horing van Afrika. Meer as 13 miljoen mense in Ethiopië, Kenia en Somalië staar hongersnood in die gesig terwyl die ernstigste droogte in dekades die gebied teister. Michael Dunford van die program sê die uitwerking word vererger deur prysstygings in stapelvoedsel, inflasie en ‘n klein aanvraag na landbou-arbeid. Hy sê misoeste en buitengewoon hoë vrektes onder vee het gemeenskappe se vermoë om produkte te produseer, te verkoop en voedsame kos te eet, ernstig geknou.