IUM is in dieselfde bootjie as Unam, Nust

Volgens onlangse berigte skuld studente van beide Unam en Nust teen die einde van verlede jaar die instansies onderskeidelik 400 miljoen Namibiese dollar aan Unam en 80 miljoen aan Nust. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. David Namwandi, stigter en voorsitter van IUM, gevra of hulle in dieselfde bootjie is. Beide Unam en Nust laat nie studente toe om te registreer as fooie vir die vorige jaar nie voluit betaal nie.