Ruimte-ekonomie op hande, swot ruimte-wetenskappe

Die Nasionale Lugvaartkundige en Ruimte-administrasie in Amerika moedig Suid-Afrikaanse leerders aan om geleenthede in ruimtewetenskap-onderrig te ondersoek. NASA het met leerders van die Kaapse Akademie vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie in Constantia, Kaapstad, gepraat. Die organisasie glo ʼn ruimte-ekonomie is op hande en daar is strategiese voordele om daaruit te put. Nasa-woordvoerder, Badri Younes sê hulle werk aan ‘n plan om mense na die verre ruimte te neem, insluitende die maan en Mars: