Klag teen hoe Tshwane-burgemeester Randall Williams se wangedrag hanteer is

ActionSA se koukus in die Tshwane-metro beplan om ‘n formele klag by die speaker van die raad te lê oor hoe die burgemeester, Randall Williams, se beweerde wangedrag hanteer is. Daar is beweer Williams was betrokke by ‘n kragopwekkingskontrak ter waarde van 26 miljard Suid-AFrikaanse rand. ActionSA se Gautengse voorsitter, Bongani Baloyi, sê die raad sal die formele besluit neem oor die pad vorentoe. Baloyi sê hulle glo nie daar is redes vir Williams om opsy te staan nie: