Onwettige visvang duur voort, neem toe, by Okavangorivier

Die gebrek aan voldoende bootpatrollies deur die betrokke owerhede langs die Okavangorivier het kommerwekkend geword vir eienaars in daardie gebied as gevolg van die feit dat die aantal onwettige vissermanne steeds toeneem. Die eienaar van Shamvura Camp naby Rundu Mark Paxton sê die onwettige vissermanne met sleepnette raak al hoe gevaarliker. Hy sê hulle vang vis in die nag sodat hulle nie gevang word nie en die “nuttelose” vis-inspekteurs doen niks daaraan nie, want hulle werk nie in die nag nie.