Rugbykampioenskap beloof uitstekende spel die naweek

Die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap takel mekaar môre in plaaslike derbies voor ‘n weeklange ruskans. Die Leeus speel om drie-uur teen die Stormers in Johannesburg en die Bulle en die Haaie sal twee uur later op Loftus Versveld teen mekaar uitdraf. Dan vertrek hulle almal na Europa vir een ronde wedstryde voordat hulle na Suid-Afrika terugkeer vir volgende maand se twee rondes teen oorsese spanne.