Harry wil Diana se werk aan vigsstigma voortsit

Prins Harry sê hy voel verplig om die werk van sy ma, prinses Diana, te probeer voltooi om MIV en die stigma daaraan verbonde aan te pak. Diana het in 1987 by ‘n Londense hospitaal vigspasiënte se hande geskud, wat beskou is as ‘n mylpaal in die stryd teen die stigma rondom mense met die virus. Hy sê hy wil graag daarmee voortgaan, al meen hy dat hy nooit Diana se rol kan volstaan nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam dat daar aan die einde van 2020 ongeveer 38 miljoen mense met MIV was, en dat VIGS-verwante siektes meer as 36 miljoen lewens geëis het sedert dit in die 1980’s na vore getree het.