Radiodag: Leon van Nierop vertel van Wolwedans in die Skemer

Sondag word Wêreld Radiodag herdenk. Die Kosmos 94.1-oggendspan het luisteraars gevra oor hul gunsteling radio-herinnering vanoggend en die meerderheid het melding gemaak van die radioverhaal, Wolwedans in die Skemer, wat smiddae om twee-uur op Springbok-radio uitgesaai is. Die skrywer van die stuk, Leon van Nierop, deel die storie agter die storie met Kosmos 94.1 Nuus.