Rugby: Vroue-wêreldbeker skop volgende week in Nieu-Seeland af

Rugby: Die Wêreldbeker-toernooi vir vroue begin volgende naweek in Nieu-Seeland. Suid-Afrika sal in Groep C teen Frankryk, Fidji en Engeland te staan kom. Die Springbok-vroue kry môre ‘n behoorlike kontak-geleentheid wanneer hulle in ‘n oefenwedstryd teen Skotland te staan kom. Die afrigter, Stanley Raubenheimer, is tevrede met hul voorbereiding, maar sê die toestande is ingewikkeld.