Skaap-uitvoere kraai koning in 2022

Die uitvoer van beeste op die hoef het met 17,6 persent toegeneem, skaap-uitvoere met 83,2 persent, maar bok-uitvoere het met 33,1 persent in November afgeneem. Op ‘n jaargrondslag het die uitvoere vir beeste op die hoef afgeneem, maar gestyg vir beide skape en bokke, volgens Simonis Storm se landbouverslag van November. Die vernaamste uitvoer-bestemmings bly die gewone markte, met 45,4 persent van die totale uitvoere na die Europese Unie, 21 persent na Suid-Afrika en 12,8 persent na Noorweë. Vir die eerste keer in meer as ‘n dekade is ‘n besending Namibiese ontbeende lam op pad na Noorweë. Bemarking in die skaap-sektor het aansienlik verbeter, sê Theo Klein van Simonis Storm aan Kosmos 94.1 Nuus.