AU: Afrika moet homself voed

Die voorsitter van die Afrika-unie, Macky Sall, sê dit is tyd vir Afrika om homself te voed. Volgens Sall behoort Afrika-lande tien persent van hul nasionale begroting aan hulle landbousektore toe te ken. Dit volg namate afgevaardigdes op die onlangse Dakar-beraad ingelig is dat 283 miljoen Afrikane honger ly. Die medestigter van Corporate Farmers International, Akin Alabi, het gepraat oor die uitkomste van die beraad, en sê Afrika-leiers word aangemoedig om inklusiewe gesprekke te voer oor die instelling van voedselsekerheid en oor befondsing.