Rugby: Stormers steeds tweede op VRK-punteleer ondanks nederlaag

Rugby: Die Stormers het hul tweede plek op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer behou, ondanks hulle nederlaag is Sondagaand se weg-wedstryd teen Glasgow Warriors in die Skotse stad. Die tuisspan het 24-17 gewen danksy ‘n verdoelde drie in die doodsnikke op Scotstoun, wat ook aan hulle ‘n bonuspunt besorg het. Die Stormers kon net met drie drieë antwoord, terwyl die gewoonlik betroubare Manie Libbok misluk het met drie skoppe. Dit was ‘n groot aand vir die voormalige Springbok-hulpafrigter Franco Smith, wat onlangs as hoofafrigter van die Skotse span aangestel is.