Vyf veediewe gesoek wat laat spaander by padblokkade in Khomas-Hochland

‘n Klag van veediefstal by plaas Berlyn in die Khomas Hochland is by die Namibiese polisie aanhangig gemaak nadat twee beeste en ‘n gemsbok op die plaas geskiet en geslag is. Die vyf verdagtes het in ‘n Toyota-bakkie met vals nommerplate gery en  ‘n padblokkade is op die grondpad opgerig nadat die beweerde diefstal op kringtelevisie-beeldmateriaal opgetel is. By die padblokkade het die verdagtes uit die voertuig gespring en in die bosse ingehardloop. Die voertuig en karkasse is gekonfiskeer en as bewysstukke ingedien. Die verdagtes wat nog steeds op vrye voet is, is bekend aan die Nampol. Enigiemand met inligting in dié verband word versoek om die Otjomuise-polisiekantoor te kontak.