Oorstromings teister noordweste van Australië

In die noordweste van Australië moes weermagshelikopters ontplooi word om honderde mense uit oorstroomde gebiede na veiligheid te bring. Talle gemeenskappe is deur water omring, wat volgens berigte sowat 50 kilometer wyd strek. Paaie, brûe en huise is in die oorstromings beskadig. Volgens kenners kan dit nog etlike maande duur voordat die streek se grootse hoofweg, weer vir verkeer oopgestel kan word.